Winning the heart and soul of South Africa for Mary by spreading the Fatima Message

Koningin van die Hemel Regina Caeli Gebed

 

V. Koningin van die Hemel, verheug u, halleluja!
R. Want Hy, wat u waardig was om te dra, halleluja!
V. Het opgestaan soos Hy gesê het, halleluja!
R. Bid vir ons tot God, halleluja!
V. Verheug en verbly u, Maagd Maria, halleluja!
R. Want die Here het waarlik opgestaan, halleluja!


V. Laat ons bid: God onse Vader, deur die opstanding van u Seun, onse Here Jesus Christus, het U die wêreld met groot blydskap geseën. Ons smeek U: laat ons, deur die gebede van sy moeder, die Maagd Maria, die vreugde van die ewige lewe verkry. Ons bid dit deur onse Here Jesus Christus, u Seun, wat met U en die Heilige Gees, leef en regeer, één God, vir ewig en altyd. Amen.