
Gedenk O vrome Maagd Maria,
dit het nog nooit gebeur
dat enigiemand wat u om beskerming,
hulp of bemiddeling gesmeek het,
sonder enige bystand gelaat is nie.
Besiel met hierdie vertroue,
vlug ek tot u, O Maagd bo alle maagde, my Moeder.
Tot u kom ek, voor u kniel ek in sonde en verdriet.
O Moeder van die Vleesgeworde Woord, verag nie my smekinge nie, maar verhoor my in u genade. Amen.