
My hart besing die grootheid van die Here,
my gees het hom in God, my redder, verbly,
omdat Hy gunstig op sy diensmeisie in haar geringheid gelet het.
Kyk, van nou af sal alle geslagte my geseënd noem,
want Hy het groot dinge aan my gedoen,
Hy wat almagtig is:
Heilig is sy Naam;
en sy troue liefde vir dié wat Hom vereer
bly van geslag tot geslag bestaan.
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig,
hoogmoediges in hul eiewaan het Hy verstrooi,
maghebbers het hy onttroon
en geringes verhoog.
Behoeftiges het Hy met goeie gawes versadig
en rykes met leë hande weggestuur.
Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom
gedagtig aan die troue liefde wat Hy beloof het aan ons voorouers,
Abraham en sy nageslag, vir altyd.
Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees,
soos dit in die begin was, so ook nou en altyd,
tot in alle ewigheid. Amen.