
V. Die Engel van die Here het aan Maria die boodskap gebring.
A. En sy het ontvang van die Heilige Gees. Wees gegroet Maria…
V. Aanskou die diensmaagd van die Here.
A. Laat dit met my gaan volgens u woord. Wees gegroet Maria…
V. En die Woord het vlees geword.
A. En het onder ons gewoon. Wees gegroet Maria…
V. Bid vir ons, heilige Moeder van God.
A. Dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.
V. Laat ons bid: Ons smeek U, Here, stort u genade in ons harte uit, sodat ons wat deur die boodskap van die Engel die menswording van Christus, u Seun, leer ken het, deur sy lyding en kruis tot die heerlikheid van die opstanding gebring mag word. Deur dieselfde Christus, onse Here. Amen.