Winning the heart and soul of South Africa for Mary by spreading the Fatima Message

Winning the heart and soul of South Africa for Mary by spreading the Fatima Message

Wees Gegroet Heilige Koningin Gebed

V. Wees gegroet Koningin, Moeder van deernis; wees gegroet ons lewe, ons troos en ons hoop. Ons, die banneling kinders van Eva, roep u aan; tot u smeek ons, sugtend en wenend in hierdie tranedal. Wend u barmhartige oë tot ons, O Voorspreekster, en toon aan ons ná hierdie ballingskap, Jesus, die geseënde vrug van u skoot. O goeie, O liefdevolle, O soete Maagd Maria.

V. Bid vir ons, o Heilige Moeder van God.

R. Dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.

V. Laat ons bid: Ons smeek U, Here, stort u genade in ons harte uit, sodat ons wat deur die boodskap van die Engel die menswording van Christus, u Seun, leer ken het, deur sy lyding en kruis tot die heerlikheid van die opstanding gebring mag word. Deur dieselfde Christus, Onse Here.

R. Amen.