Winning the heart and soul of South Africa for Mary by spreading the Fatima Message

Winning the heart and soul of South Africa for Mary by spreading the Fatima Message

Salve Regina / Hail, Holy Queen (Latin)

Salve Regina, Mater misericordiae, vita, dulcedo, et spes nostra, salve.

Ad te clamamus, exsules filii Evae; ad te suspiramus, gementes et flentes in hac lacrimarum valle.

Eia ergo, advocata nostra, illos tuos misericordes oculos ad nos converte;

et Jesum, benedictum fructum ventris tui, nobis post hoc exsilium ostende.

O clemens, O pia, O dulcis Virgo Maria.

V. Ora pro nobis, Sancta Dei Genetrix.
R. Ut digni efficiamur promissionibus Christi.

Credo / Apostles’ Creed (Latin)

Credo in Deum  Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae. Et in Jesum Christum, Filium eius unicum.  Dominum nostrum, qui conceptus est de Spiritu Sancto, natus ex Maria Virgine, passus sub Pontio Pilato, crucifixus, mortuus, et sepultus; descendit ad inferos; tertia die resurrexit a mortuis, ascendit ad caelos, sedet ad dexteram Dei Patris omnipotentis; inde venturus est judicare vivos et mortuos. Credo in Spiritum Sanctum, sanctam Ecclesiam Catholicam, sanctorum communionem, remissionem peccatorum, carnis resurrectionem, vitam aeternam. Amen.

Litanie van die Geseende Maagd Maria

 

 

V. Here, wees ons genadig. R. Here, wees ons genadig.

V. Christus, wees ons genadig. R. Christus, wees ons genadig.

V. Here, wees ons genadig. R. Here, wees ons genadig.

V. Christus, verhoor ons. R. Christus, verhoor ons.

God, hemelse Vader, ontferm U oor ons.

God, die Seun, Verlosser van die wêreld, ontferm U oor ons.

God, die Heilige Gees, ontferm U oor ons.

Heilige Drie-eenheid, één God, ontferm U oor ons.

Heilige Maria, bid vir ons.

Heilige Moeder van God, bid vir ons.

Heilige Maagd bo alle maagde, bid vir ons.

Moeder van Christus, bid vir ons.

Moeder van die Kerk, bid vir ons.

Moeder van goddelike Genade, bid vir ons.

Moeder so rein, bid vir ons.

Moeder so kuis, bid vir ons.

Moeder ongeskonde, bid vir ons.

Moeder so vlekkeloos, bid vir ons.

Moeder so beminlik, bid vir ons.

Moeder so wonderlik, bid vir ons.

Moeder van goeie raad, bid vir ons.

Moeder van die Skepper, bid vir ons.

Moeder van die Verlosser, bid vir ons.

Maagd so wys, bid vir ons.

Maagd so Eerwaardig, bid vir ons.

Maagd so Lofwaardig, bid vir ons.

Maagd so Kragtig, bid vir ons.

Maagd so Barmhartig, bid vir ons.

Maagd so Getrou, bid vir ons.

Spieël van Geregtigheid, bid vir ons.

Setel van Wysheid, bid vir ons.

Bron van ons Vreugde, bid vir ons.

Geestelike Kelk, bid vir ons.

Eerbare Kelk, bid vir ons.

Uitstaande Kelk van Godsvrug, bid vir ons.

Mistieke Roos, bid vir ons.

Toring van Dawid, bid vir ons.

Toring van Ivoor, bid vir ons.

Woning van Goud, bid vir ons.

Ark van die Verbond, bid vir ons.

Poort van die Hemel, bid vir ons.

Môrester, bid vir ons.

Heil van die siekes, bid vir ons.

Toevlug van sondaars, bid vir ons.

Troosteres van die bedroefdes, bid vir ons.

Hulp van die christene, bid vir ons.

Koningin van die engele, bid vir ons.

Koningin van die aartsvaders, bid vir ons.

Koningin van die profete, bid vir ons.

Koningin van die apostels, bid vir ons.

Koningin van die martelare, bid vir ons.

Koningin van die belyers, bid vir ons.

Koningin van die maagde, bid vir ons.

Koningin van al die Heiliges, bid vir ons.

Koningin ontvang sonder erfsonde, bid vir ons.

Koningin opgeneem in die hemel, bid vir ons.

Koningin van de heilige Rosekrans, bid vir ons.

Koningin van vrede, bid vir ons.

Koningin van Gesinne, bid vir ons.

Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem, spaar ons, O  Here.

Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem, verhoor ons, O  Here

Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem, ontferm u oor ons.

Bid vir ons, O Heilige Moeder van God,

Dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.

Laat ons bid

Verleen, ons bid U, O Here God, dat ons, u dienaars, gedurig gesondheid van liggaam en siel mag geniet en deur die voorspraak van die Heilige Maagd Maria deur die droefheid van hierdie lewe na die ewige blydskap gelei mag word. Deur onse Here Jesus Christus, U Seun, wat met U en die Heilige Gees, leef en heers, één God tot in alle ewigheid. Amen.

Hoe om die Rosekrans te Bid

  1. Maak die kruisteken en bid die Apostoliese Geloofsbelydenis.
  2. Bid die Onse Vader op eerste kraletjie.
  3. Bid die Wees Gegroet op volgende drie kraletjies.
  4. Bid die Eer aan die Vader. Verkondig die eerste geheimenis.
  5. Bid die Onse Vader op die volgende kraletjie.
  6. Bid tien Wees Gegroetjies op die tien kraletjies en bepeins die geheimenis.
  7. Bid die Eer aan die Vader. Bid die Fatima Gebed. Verkondig die tweede geheimenis en bid die Onse Vader.
  8. Bid tien Wees Gegroetjies op die volgende tien kraletjies en bepeins die geheimenis.
  9. Bid die Eer aan die Vader. Bid die Fatima Gebed. Verkondig die derde geheimenis en bid die Onse Vader.
  10. Bid tien Wees Gegroetjies op die tien kraletjies en bepeins die geheimenis.
  11. Bid die Eer aan die Vader. Bid die Fatima Gebed. Verkondig die vierde geheimenis en bid die Onse Vader.
  12. Bid tien Wees Gegroetjies op die tien kraletjies en bepeins die geheimenis.
  13. Bid die Eer aan die Vader. Bid die Fatima Gebed. Verkondig die vyfde geheimenis en bid die Onse Vader.
  14. Bid tien Wees Gegroetjies op die tien kraletjies en bepeins die geheimenis.
  15. Bid die Eer aan die Vader. Bid die Fatima Gebed.
  16. Bid die Wees Gegeroet, Koningin
  17. Bid die Gebed na die Rosekrans.
  18. Bid die gebed tot die Aartsengel Michael.

 

Kruisteken

In die naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees. Amen

 

Apostoliese Geloofsbelydenis

Ek glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, onse Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die Maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig, gestorwe en begrawe is; wat neergedaal het na die doderyk, die derde dag weer opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, vanwaar Hy sal kom om te oordeel, die lewende en die dode. Ek glo in die Heilige Gees, die Heilige Katolieke Kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die wederopstanding van die liggaam en die ewige lewe. Amen.

 

Onse Vader

Onse Vader, wat in die hemel is, laat u naam geheilig word; laat u koninkryk kom, laat u wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood, en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe, en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Amen.

 

Die Wees Gegroet

Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue en geseënd is Jesus, die vrug van u skoot.

Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars, nou en in die uur van ons dood. Amen.

 

Eer aan die Vader

Eer aan die Vader en aan die Seun en aan die Heilige Gees, soos dit in die begin was, so ook nou en altyd tot in alle ewigheid. Amen.

 

Fatima Gebed

O my Jesus, vergewe ons ons sondes, verlos ons van die vuur van die hel.

Lei alle siele na die hemel toe, veral dié wat u barmhartigheid die meeste nodig het. Amen.

 

Wees gegroet, Koningin

Wees gegroet, Koningin, Moeder vol barmhartigheid,

ons lewe, ons vreugde en ons hoop, wees gegroet.

Tot u roep ons, verbanne kinders van Eva; tot u smeek ons wat sug en ween in hierdie tranedal.

Rig dan, o voorspreekster, op ons u barmhartige oë en toon aan ons ná hierdie ballingskap, Jesus, die geseënde vrug van u skoot.

O genadige, o liefdevolle, o beminde Maagd Maria!

Bid vir ons, heilige Moeder van God, dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.

 

Gebed ná die Rosekrans

Laat ons bid:

O God, u eniggebore Seun het deur sy lewe, dood en opstanding vir ons die loon van die ewige lewe verkry. Gee dat ons, noudat ons oor die geheimenisse van die Heilige Rosekrans van die Geseënde Maagd Maria nagedink het, mag navolg wat hulle inhou en verkry wat hulle belowe. Deur Christus, onse Here. Amen.

Gebed tot die Heilige Aartsengel Michael

Heilige Aartsengel Michael, verdedig ons in die stryd; wees ons beskerming teen die boosheid en die liste van die duiwel. In nederigheid smeek ons u; dat God deur u ons van alle onheil sal bewaar. U is die aanvoerder van die hemelse leermagte, verdryf die Satan en alle bose geeste, wat rondsluip op soek na siele; dryf hulle deur die goddelike krag terug na die hel toe.

Allerheiligste Hart van Jesus, ontferm U oor ons. Soete Hart van Jesus, ontferm U oor ons en oor ons

afgedwaalde broeders en susters. Amen.